Drukkie

Hulp & Help

Alles wat jy moet weet, in kort. Afrikaans eerste, English below.

Hoe om 'n lesing in te voer

  1. Meet jou bloeddruk soos gewoonlik met jou masjien.
  2. Maak Drukkie oop en tik die groen VOEG LESING BY knoppie.
  3. Die syfers begin by jou vorige lesing. Tik + of totdat dit ooreenstem met jou masjien. Hou die knoppie in om vinniger te gaan.
  4. Tik STOOR. Klaar.

Wenk: jy kan ook jou vinger op die groot syfer op en af trek om dit vinnig te verander.

As jy 'n fout gemaak het

Direk na jy gestoor het, wys 'n groen skerm met die lesing en 'n ONGEDAAN knoppie. Tik dit om die lesing dadelik te verwyder. Later kan jy dit nog altyd by Geskiedenis regmaak of uitvee.

Groter skrif

Instellings → Teksgrootte. Kies Normaal, Groot of Grootste. Alles word groter, nie net die skrif nie.

Herinneringe

Instellings → Herinneringe. Skakel dit aan, kies een of twee keer per dag, en kies die tyd. Android sal een keer vra of die program kennisgewings mag wys — sê ja, anders kom die herinneringe nie deur nie.

As jy reeds gemeet het, word daardie herinnering oorgeslaan.

Verslag vir die dokter

Instellings → Stuur verslag (PDF). Die program bou 'n verslag met 'n opsomming, 'n grafiek en al jou lesings, en gee dit aan jou foon se deel-venster. Kies WhatsApp, e-pos, of wat ook al.

Wat beteken die kleure?

Die kleurband en die woorde onder jou lesing wys net waar dit val teenoor die normale reeks. Dit is nie 'n diagnose nie. Drukkie hou rekord — jou dokter besluit wat dit beteken. As 'n lesing baie hoog is, sal die program voorstel dat jy rus en weer meet, en dan jou dokter kontak as dit so bly.

Twee mense op een foon

Instellings → Vir wie is dit. Skakel dit aan, gee elkeen 'n naam, en wissel bo-aan die tuisskerm. Elke persoon se lesings bly apart.


Taking a reading

  1. Measure your blood pressure with your machine as usual.
  2. Open Drukkie and tap the green Add Reading button.
  3. The numbers start at your previous reading. Tap + or until they match your machine. Hold to move faster, or drag the big number up and down.
  4. Tap Save.

Fixing a mistake

Right after saving, a confirmation screen appears with an Undo button. Later, you can edit or delete any reading from the History screen.

Bigger text

Settings → Text size. Three sizes, and everything scales, not just the letters.

Reminders

Settings → Reminders. Choose once or twice a day and pick the times. Android will ask once whether the app may show notifications — say yes, or no reminders will arrive. A reminder is skipped if you have already logged a reading around that time.

Sending a report to your doctor

Settings → Send report (PDF). The app builds a summary, a chart and a full table of your readings, then hands it to your phone's share menu.

What the colours mean

The colour band shows where a reading falls relative to the normal range. It is not a diagnosis. Drukkie keeps the record; your doctor decides what it means.

Something not working?

Email info@pioneertechgames.co.za and tell us what phone you have and what happened.