Gratis vir Android · Afrikaans & English

Hou jou bloeddruk by. Sonder gedoente.

Meet, tik twee keer, klaar. Groot knoppies, groot syfers, geen rekening, geen advertensies — en dit werk heeltemal sonder internet.

Drukkie logo — a heart wrapped in a blood pressure cuff

Wat Drukkie doen

Gemaak vir mense wat sukkel met klein knoppies.

Die meeste bloeddruk-programme is gebou vir jong oë en vinnige vingers. Hierdie een nie.

+

Geen sleutelbord nie

Groot + en − knoppies wat begin by jou vorige lesing. Gewoonlik net 'n paar tikke.

Aa

Drie teksgroottes

Kies wat vir jou oë werk. Alles word groter — nie net die skrif nie.

PDF

Verslag vir die dokter

Stuur 'n netjiese PDF met 'n grafiek per WhatsApp of e-pos. Ook beskikbaar as CSV.

Herinneringe

Een of twee keer per dag, op 'n tyd wat jou pas. Slaan oor as jy reeds gemeet het.

AF

Afrikaans en Engels

Volledig in albei tale. Jy kies op die heel eerste skerm, en kan enige tyd verander.

2

Twee mense

Een foon, twee profiele. Handig as julle dieselfde masjien deel.

Ons belofte

Jou lesings bly op jou foon.

Geen rekeningOns vra nie eers jou naam nie.
Geen internetDie program het nie eers toestemming om die netwerk te gebruik nie.
Geen advertensiesNie een. Nêrens nie.
Niks word verkoop nieJou gesondheidsinligting is nie ons besigheidsmodel nie.

Belangrik. Drukkie hou net rekord. Dit stel nie 'n diagnose nie en vervang nie jou dokter nie. Gebruik dit om jou lesings te wys vir die mense wat weet wat dit beteken.

In English

A blood pressure log that gets out of your way.

Drukkie is a free Android app for keeping a record of your blood pressure readings. Large + and − buttons instead of a keypad, starting from your previous reading, so a typical entry takes a few taps and no typing. Three text sizes, reminders once or twice a day, and a printable PDF report you can send straight to your doctor over WhatsApp.

Everything stays on your phone. No account, no adverts, no internet connection, and nothing is ever sold or shared. The app only keeps a record — it does not diagnose anything and does not replace your doctor.